Graeme Victor - 5 Julie 2013
Op 8 Augustus 2010 is ‘n klein ses-jarige seuntjie, met die naam Greame Victor, met skildklier-kanker (Metastatic Papill...ary
Carcinoma of the Thyroid) gediagnoseer.
Die afgelope drie jaar het hy en sy gesin al ‘n baie swaar paadjie geloop. Hy het al ‘n groot operasie gehad om kankeragtige groeisels aan sy skildklier te verwyder en sy keeltjie is al sowat tien keer onder narkose gerek om dit vir hom makliker te maak om te kan sluk, aangesien die kliere die lug-en slukpyp toegroei. Hy het ook al reeds ses sessies intense chemo-terapie ondergaan.
Greame is nou agt jaar oud en kan nie meer geopereer word nie, want die narkose is nie goed vir hom nie. Ook kan hy nie meer chemo-terapie ontvang nie, omdat die groot hoeveelheid chemo fatale skade aan sy hartjie kan aanrig. Die kanker het ongelukkig ook na sy
longetjies versprei en hy sukkel by tye baie om asem te haal.
Die dokters voorspel hy het slegs nog sowat ses maande oor om te lewe...
Intussen is daar nie veel meer wat vir hom gedoen kan word nie, behalwe om hom, sover moontlik, teen infeksies te beskerm. Omdat sy longe so swak is kan dit fataal wees as hy nou longontsteking (Pneumonia) opdoen.
Greame verjaar 20 Julie en word dan nege jaar oud. Soos seuntjies van sy ouderdom maar is sal
hy vreeslik graag ‘n partytjie wil hou. Ons het gedink om in Junie-maand vir hom ‘n spesiale partytjie te hou omdat ons nie weet of hy teen Julie nog sterk genoeg sal wees om dit te kan geniet nie. Die gesin kry finansieël swaar omdat Greame se mamma haar werk moes bedank om hom te kan versorg.
Om die gesin te kan bystaan en om die partytjie, wat ons vir Greame beplan, spesiaal te
maak is ons van mense se groothartigheid afhanklik en sal enige skenkings of
donasies baie waardeer!!
Greame is ‘n pasiënt van Prof. David Stones by die Universitas Hospitaal se Pediatriese Onkologie-afdeling.